TUISBLAD    STUUR EPOS   ENGLISH

Tel. +27 (0) 21 855 0395

ANDER SUIDELIKE LODGE




GRUNAU COUNTRY HOUSE

Very neat and affordable lodge in Grünau, Namibia


Grünau Country House is in Grünau geleë, ‘n piepklein nedersetting in die suidelike streek van Namibië. Sedert 2001 is dit ‘n uitstekende Hotel/Herberg/Pension en is bekend vir warm, vriendelike en uitstekende diens.

Grünau Country House maak voorsiening vir ‘n aantal akkommodasiebehoeftes. Die Hotel Pensionbied: 6 dubbelbed/twee enkelbedkamers en suite, en 4 gesinskamers en suite (wat 3 tot 5 gaste kan huisves). Alle kamers is ten volle lugverkoel, met tee/koffie-stasies.

Voorts maak die Rest Camp voorsiening vir begrotingsbewuste reisigers deur middle van rondawels, met skoon mans- en vroue-ablusieblokke, en ook kampeerplekke met kragpunte.

Grünau Country House se a la carte restaurant is bekend vir watertand cuisine, veral beessteaks en wildsfilette. Toeriste in Namibië bestempel die ontbyte wat by die Grünau Country House bedien word as van die beste in die land. Gaste wat voor ontbyt vertrek, kan reël om ‘n voorafbereide ontbyt/middagete saam te neem.

Die privaat dameskroeg is gesinsvriendelik, met ‘n grootskerm satelliet-TV en ook ‘n biljarttafel. Die restaurant en dameskroeg is ten volle lugverkoel.

‘n Vrieskamer is ook tot die gaste se beskikking.
Die perseel het ‘n elektriese sekuriteitsheining en word 24 uur per dag elektronies gemonitor vir gaste se gerief.

Grünau Country House bied ook ‘n klein drankwinkel, braaipakke, wors, biltong, droë wors en braaihout.

Gaste wat vir Intercape bus reis, kan reël om teen geen koste by die bushalte op- of afgelaai te word.





ANDER NAMIBIAN LODGES EN HOTELLE

Grunau Country House is net 130 van die Noordoewergrens waar Orangeriver Lodge selfsorg eenhede 'n goeie alternatief is op pad tussen Windhoek en Kaapstad. Grunau Country Lodge is is ook 'n wonderlike oornagplek op pad na Windhoek. Jy kan ook in die rigting van Swakopmund gaan en by die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre bly. Etosha Nasional Park is verseker een van die hoof atraksies in Namibie en geen besoek aan die land is volledig sonder 'n besoek aan Okaukuejo met sy bekende watergat nie. Terwyl jy in die Noorde van Namibië is kan jy gerus ook die bekende Waterberg Plato Nasionale park met sy uitstekende staproetes en wildbesigtiging besoek.

SUID-AFRIKA

As jy besluit om vanaf Grunau na die Vrystaat te ry is Bains Game Lodge 'n pragtige klein wildsplaas naby Bloemfontein.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

In Botswana is daar verskeie hotelle wat ook goeie verblyf aanbied. In Gaborone beveel ons Cresta Lodge aan as een van die gewildste keuses. As jy van daar na Ghanzi ry sal jy moet oorbly en Thakadu Camp is 'n logiese keuse omdat dit net buite die dorp op 'n wildsplaas lê. Aan die anderkant as jy besluit om na Francistown te gaan, kan ons Marang Gardens hotel aanbeveel.

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

In Zimbabwe is daar 'n hele paar hotelle wat deur Grunau Country Lodge aanbeveel word. Granite Ridge in die Matopo Hills en dieMatobo Hills Lodge in die Matopo National Park is net 'n paar van hulle.  In Hwange Nasionale Park beveel ons met 'n geruste hart dieHwange Safari Lodge aan.